Monday, 11 December 2017

Wat is die mens? Maandag 11 Desember


Ps 8:5-6: “…wat is die mens dat U Hom in gedagte hou, ‘n mensekind dat U aan hom aandag skenk? U het hom net minder as ‘n god gemaak…” (Direkte Vertaling)

Oorweldig deur die onmeetlikheid van die nagtelike hemel besef die psalmdigter sy geringheid. In hedendaagse terme sou ons vra hoekom die Skepper - Wie ‘n plek vir elke hemelliggaam toeberei het – besorg sou wees oor ons klein mensies op ‘n klein planeetjie in ‘n hoekie van een van die duisende sonnestelsels?

Omdat God is Wie Hy is. Hy is die Verbondsgod Jahweh (vers 2) Wie beloftes gemaak het en dit deur sy Seun Jesus Christus in die plek van die mens onderhou het (Heb 2:5-18).  Hy het die mens goed en na sy Beeld geskape en ‘n kultuur-opdrag gegee om die aarde te bewerk en te bewaar, wat uitgevoer moet word (Gen 1:28; Gen 2:15). Die mens wie intussen in sonde geval het, kan hierdie opdragte egter nie in eie krag uitvoer nie. Jesus Christus het mens geword om alles wat God van ons vra te vervul en die kinders van die verbond te red uit hulle benarde situasie.  God het nie sy rug op ons klein, sterflike mensies gedraai nie, maar bly ons soek in sy liefde.

Die woorde dat ons “net minder as ‘n god” is (in sommige vertalings “goddelike wese”, “hemelse wese” of “engele”) kan al te gou sonder ‘n oog vir die res van hierdie psalm en die Bybel gelees word.  Asof die mens tog wel op een of ander manier ‘n status posisie voor God sou besit, of dat daar tog iets goeds in die mens sou oorgebly het na die sondeval, wat iets van God se goddelikheid sou uitstraal.  So ‘n lesing is egter juis waarteen hierdie psalm self waarsku. 

Let daarop dat God se eer nie deur mense besing wie dink dat hulle sterk is nie (bv. Kain, Goliat, die priesterhoofde en skrifgeleerdes), oftewel God se teenstanders (vers 3), maar deur hulle wie klein en gering is (bv. Abel, Dawid, die kinders in die tempel (Mat 21:15-17)). Die woorde “mens” en “mensekind” (vers 5) dui op ons sterflikheid en afhanklikheid.  Ons is uit stof gemaak en sal tot stof terugkeer.  God het nie ons krag nodig nie, maar laat toe dat Hy geloof word in nederigheid en eerbied. Uit die mond van kinders en suiglinge word Hy geëer (vers 3). Die idee om soos God, dit is goddelik, te wil wees kom natuurlik by die sondige mens en die bron van alle kwaad.

Die ekologiese krisis mag oorweldigend lyk. Hoeveel skade doen ons as mense tog nie aan God se pragtige skepping nie! Soveel selfs dat op globale skaal die mens se impakte merkbaar word. Die versoeking om deur ons eie krag die planeet te wil red mag groot wees.  Hierdie psalm hou ons egter nederig en op ons plek.  Jesus Christus is Koning oor alles en net deur Hom te volg is ons werklik “net minder as ‘n god”.

Refleksie: Lees Heb 2:5-18 en sien hoe Ps 8 aangehaal word (in verse 6-8).  Die mens is nooit losgelaat deur God nie, soos op sy duidelikse blyk uit die menswording van Jesus Christus self.

Sing: Ps. 8:2,4

1 comment:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete