Saturday 16 December 2017

Kyk! Die werk van God se vingers! Saterdag 16 Des.


Ps 8:4: “Wanneer ek na die hemelruim kyk, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U gevestig het…” 

As jy ver weg is van alle stadsligte en ‘n paar minute neem om na bo te kyk op ‘n maanlose en helder aand kan jy nie anders as om die Melkweg te sien nie. Ontelbare sterre strek oor die hele hemelruim uit.  Vir baie natuurliefhebbers is dit ‘n hoogtepunt.  Net so ook vir Dawid, wie as herder baie kere snags by sy skape in die veld was. Hy kon nie anders as om onder die indruk te wees van die grootsheid van die heelal nie.

Die sig van die hemelruim maak mens klein. Eerbiedig begin hierdie Psalm dan ook met ‘n aanroeping van God as Here, ons Heer (vers 2) wat in Hebreeus verwys na Jahweh (die God van die verbond), Wie ook die titel as koning dra. 

Nou moet jy jouself voorstel dat die Melkweg maar net deeltjie is van ‘n veel groter super-groep wat Laniakea genoem word. Soos ons verder en verder in die hemelruim kyk met moderne teleskope en beeldmateriaal wat van ruimteskepe teruggestuur word, so mag ons al hoe meer onder die indruk raak van God se enorme grootheid. Dit verg dan nie veel om by die gevolgtrekking uit te kom dat die mens se grootste planne en ontemlike wil op hierdie klein plekkie in die grootste heelal beperk word.

Let daarop dat die lof aan God se grootheid begin by die feit om na die hemelruim te kyk en vervolgens daaroor te reflekteer.  ‘n TV, selfoon, iPad, biblioteek of boek – hoe leersaam dit ook al mag wees – is nie die ware jakob nie en mag al gou ons aandag aflei van diepere refleksie oor die vraag wie dit alles gemaak het.  Goeie wetenskap begin deur met ons aardse, menslike sintuie die grootsheid van God se skepping te observeer en dan vervolgens na te dink daaroor en daardeur verander te word. Goeie wetenskap begin deur goed te kyk en word dan ook deel van ons loflied aan God die Skepper.

Figuurlik spreek Dawid hier oor God se vingers wat die hemele gemaak het.  Elders in die Bybel lees ons dat God die wet met sy vingers geskrywe het (Deut 
9:10), dat sy vingers plae bring (Eks 8:19), dat sy hand oordeel aankondig (Dan 5:5) en deur sy vingers duiwels uitgedryf word (Luk 11:20).  Die vingers van God is ‘n beeld van God se krag. In die Oosterse wêreld is vingers verder altyd al ‘n belangrike deel van ‘n gesprek gewees.  Vingertaal spreek boekdele, ‘n idee wat vir diegene wie doof is nie moeilik is om te verstaan nie.  Die heelal is te voorskyn geroep! (Jes 48:13).

Die hemelruim dwing ons tot eerbiedige lofsang.  Moet nooit ophou kyk nie.

Refleksie: Slapeloosheid in die natuur mag ‘n seen wees. Neem die tyd om te kyk na die nagtelike hemel.  Sien God se mag. Breek in lofstem uit: “…hoe heerlik is U Naam”! 

Sing: Ps 8:1,3.

1 comment:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete