Wednesday 13 December 2017

Twee middele: Woensdag 13 Desember


Lees: Ps 19

As mens so heerlik in die natuur ontspan, is daar genoeg geleenthede om die son te sien opkom en ondergaan.  Dit is baie kere ‘n ware skouspel - ook vir Dawid 2500 jaar terug toe hy deeglik bewus van sy intieme verbondsverhouding met God, by sy skape in die veld gesit en mediteer het en hierdie pragtige lofpsalm gemaak het. 

Psalm 19 besing die pragtige eenheid in die skepping (vers 2-7), God se woord (vers 8-12) en ons aanbidding deur gebed (vers 13-15).  Twee middele om God te ken, wat beide gevoed word uit die bron van alle kennis, naamlik gehoorsaamheid aan God.  Veilig by die God van die verbond mag ons gelyktydig sien hoe die skepping God se eer vertel en dat God se wet volmaak is. Veilig in Christus, ons Verlosser, mag ons weet dat Hy die wet volkome nagekom het en ons daarin deel mag hê. Wie sal daarin geen stof tot lofsang kan vind nie? (Ps 96 en 148).

Dawid het gekies om sy oordenkings te fokus op die son.  Hierdie beeld is sterk, nie net omdat dit die grootste lig was nie (Gen 1:16), maar ook omdat die songod Ra deur heelwat omliggende volke aanbid is.  Dawid maak baie duidelik dat ook die son, selfs die grootste van die ligte vir wie niks verborge is van sy hitte nie (vers 7), net ‘n skepsel is wat werk het om toe doen, en dit ook met vreugde uitvoer (vers 6) en in aangewese vaste bane (vers 7).  Stil-stil (vers 4) voer die son die werk uit wat God opgedra het, ‘n gehoorsame getuienis van God se eer. En wat vir die groot son geld, geld ook vir alle skepsels in die kleinste uithoekies van die aarde.

Soos die son onhoorbaar vertel hoe God gedien en geëer moet word, is die goddelike woord duidelik hoorbaar. Die wet is volmaak, betroubaar, reg en kosbaar - dit bring lewe, wysheid, blydskap en insig (vers 8-11).  In ‘n intieme verbondsverhouding met God hoef die wet ons nie angstig te maak nie, maar dit behoort ons wel te stem tot heilige eerbied en gehoorsaamheid in geloof. 

Dit is egter gou duidelik vir Dawid dat hy nie net opsetlik nie, maar selfs ook onwetend sondig (vers 13-14). As selfs die groot son ‘n skepsel van God is, en ook nog met vreugde doen waarvoor God dit geskape het, hoe kan ons dan voor God bestaan? In antwoord sluit Dawid weer by ‘n beeld uit die natuur aan. Sy Verbondsgod is soos ‘n Rots; onwrikbaar is sy beloftes van verlossing.

Om die natuur te skend en uit te buit ontneem God die eer wat Hom uit die skepping toekom. Dit is vreeslik en al genoegsame rede tot diep nadenke oor wat ons as mensdom besig is om met God se skepping te doen. Maar wat dikwels nie gesien word is dat dit onsself ontneem van al hierdie getuienisse van God se eer. Om een boek van God se openbaring te begin toemaak is soos om te begin speel met selfmoord.

Sing: Ps 19:1,4,7

Refleksie: Skryf jou eie oordenking oor iets in die natuur wat jou vandag verwonder het. Gebruik daarby die struktuur van Psalm 19: hoe die skepping God se eer vertel deur te doen waarvoor God dit geskape het, hoe die woord van die Here vandag vir jou volmaak en kosbaar was, en hoe beide hierdie oorwegings jou tot aanbidding bring. Dink na oor hoe daardie God Wie met jou ‘n intieme persoonlike verbintenis het, ook jou Rots en Verlosser is.

1 comment:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete