Tuesday 26 December 2017

Die hele skepping word vrygemaak: Dinsdag 26 Des.


Lees: Rom 8:21-22
“Die skepping hoop om self vrygemaak te word van verslawing aan die verganklikheid, en so die vryheid te smaak wat die heerlikheid van God se kinders sal kenmerk. Ons weet immers dat die ganse skepping tot nou toe saam met ons sug, ja, in geboortepyne verkeer.” (DV)

In hierdie teks word ‘n kosmiese wonder aangekondig.  Opgewonde oor ons eie verlossing deur Jesus Christus en inwoning van die Gees van God kan ons egter sommer gou op onsself gerig raak en hierdie wonderlike verse mislees.

Daar is groot rede tot opgewondenheid:  wie in Christus is, is vrygemaak uit die slawerny van die sonde! (Rom 8:2). Die vrymaking stop egter nie by die kinders van God nie, nee, die hele skepping sien uit daarna om die vryheid van die kinders van God te smaak (vers 21). Ook sug die ganse skepping saam met hulle wie die lewendmakende Gees van God ontvang het (vers 22).

Die skepping hoop om vrygemaak te word van verslawing aan verganklikheid of nietigheid (vers 21). Wat beteken dit? Die oorspronklike woord wat hier gebruik word, beteken korrupsie, vernietiging of iets wat verrot.  In 2 Petrus 2:12 lees ons dat mense wat laster, net soos redelose en instinkmatige diere vernietig word.  Die skepping, soos ons dit nou sien, is verganklik en nietig. Die son gaan op en gaan onder, die wind gaan na die suide en dan weer na die noorde, die strome loop in die see en die see word nie vol nie (Pred 1:5-7).  Diere word gebore en gaan weer dood. Die skepping is vasgevang in hierdie vermoeiende siklus; daar is in hierdie natuurlike perspektief inderdaad niks nuuts onder die son nie.  Ons eie liggame is ook nog steeds verganklik (1 Kor 15:42,50). Ons is uit stof gemaak en sal tot stof terugkeer. In hierdie sin is ons ook maar net so aan die vermoeiende siklus van die natuur onderhewig en sug die skepping saam met ons.

Die vryheid wat God se kinders sal smaak is egter ook die vryheid waarna die skepping uitsien. Hierdie versugtinge is vir die kinders van God en vir die skepping swaar en intens, maar nooit sonder hoop nie. Hierdie gedeelde pyn tussen God se kinders en die skepping is soos die pyn om geboorte te gee.  

Ten spyte van die sikliese, verganklike aard van die skepping, jubel die skepping nou al in hoopvolle verwagting.  In ons eie pyn en swaarkry het ons ‘n bondgenoot in die skepping!  Die hele skepping word in die vryheid en heerlikheid van God se kinders gebring. Nou sien jy ook Paulus se argument hier: As die heerlikheid selfs vir die skepping waar gaan word, hoeveel te meer vir die kinders van God! Ons ly saam met die skepping in haar verganklikheid, maar daardie lyding is nooit sonder hoop nie.

Moet jouself nie passief vaskyk teen die verwoesting in die skepping nie. Deel die pyn van vernietiging en verganklikheid met die skepping, maar deel ook altyd die skepping se  hoopvolle verwagting.

Sing: SB 20:4-6

Refleksie: 
Dink na hoe die uitbuiting, dood en verwoesting van die skepping deur die mens die verganklikheid van die skepping net soveel meer pertinent en erger maak. 
Dink na oor hoe ons eie onderhewigheid aan die sikliese verganklikheid van die natuur dikwels onbybels beskryf word as iets waaraan ons nie kan ontsnap nie.
Dink na oor die verbondenheid van jouself met die natuur: saam is jy verganklik, saam is jy sugtend, maar ook saam is jy hoopvol. Hoe kan jy hierdie insig prakties uitleef?

2 comments:

  1. Dit is nie meer nuus dat DR Ryk van wealthylovespell@gmail.com 'n man is wat deur God gestuur is om die eensame, onderdrukte, verlate en gebroke harte te help nie. Ek het onlangs kommentaar gesien hoe hierdie man help om verlore liefde in 'n baie kort tydjie te herstel en ek is lankal depressief, want ek het my man na 'n ander verloor. Ek het kontak gemaak met hom en ek het gesê ek sal resultate in 2 dae kry, maar ek het dit eintlik nie glo nie, soos ek dit van ander gehoor het wat ek gekontak het en tog niks anders as tot my grootste verrassing nie, het alles gebeur soos belowe en ek kon Moenie hierdie vreugde hou nie, maar het daartoe gelei dat hierdie blog gepraat het oor die goedheid wat deur dr. wealthy aan my gewys is. As jy verlore of verward is, bekommer jou nie meer nie en kontak Dr Ryk op wealthylovespell@gmail.com of jy Whatsapp hom. + 2348105150446 Hy is God gestuur.?

    ReplyDelete
  2. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete