Friday 22 December 2017

Skepper-Onderhouer-Verlosser: Vrydag 22 Desember


Kol 1:16  “…want in Hom is alle dinge geskape.”
Kol 1:17: “…en in Hom hou alle dinge stand.”
Kol 1:20 “…dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen…die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele”

Jesus Christus is Skepper, Onderhouer en Verlosser van alle dinge. Dieselfde Christus Wie my en jou van ons sondes verlos het, het ook alles in die hemel en op die aarde geskape.  Daar is geen noodsaak vir enige ander toevoeging nie. In Christus alleen is alles geskape en ook versoen met God. Jesus Christus is Middelaar oor letterlik alle dinge. 

‘n Mens hoor dit nog veels te veel dat al wat werklik saak maak in die Christelike geloof is of jou verhouding met Christus reg is.  Hierdie sielkundige benadering verskraal die geloof tot ‘n saak net tussen jou en God en kan maklik lei tot inwaartsgekeerde mense wie bevestiging soek in hulleself van ‘n gesonde verhouding met God. So ‘n inwaartse en vergeestelike fokus mis gou dat God Homself deur Christus geopenbaar het as Skepper en Onderhouer van hemel en aarde.

Aan die ander kant ervaar jy dalk juis die natuur rondom jou as ‘n manier om nader tot God te kom. Bring ‘n onbelemmerde sig op die magtige sterrehemel en verwondering oor die kleinste plantjie of diertjie ons nie nader aan God nie? Natuurlik. Maar daar is streng beperkings daaraan om geestelike vernuwing te wil koppel aan ons natuurbelewing. God is nie een met die skepping nie. Ons mag die skepping sien as God se handewerk, sy tempel, iets van sy goedheid en prag, maar dit is nooit direk gekonnekteer met wie God is nie en bring ons streng gesproke ook nie nader aan God nie. Die versoening is al bereik, al Persoon Wie ons nader aan God bring, is Christus. Die aanskouing van die skepping wek ons eer en lofprysing aan God op, anders verval al daardie goedheid en mooiheid wat ons raaksien en ervaar al te gou in selfsug en afgodery (Rom 1). 

Een van die belangrikste kategoriëe in die openbaring van God aan ons, is die onderskeid tussen Skepper en skepping. Ons is skepsels. God is die Skepper; “…alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.” (vers 16).  Daar is ‘n onmeetlike grens tussen God aan die een kant en mens en die res van die skepping aan die ander. God voer egter sy plan met die hele skepping uit in en deur Jesus Christus, deur wie Hy homself ook aan die hele wêreld geopenbaar het binne die tyd en ruimte van hierdie geskape werklikheid.

Deur Christus word alles met God versoen. Deur die bloed van die kruis op Golgota is die vrede herstel vir alles op aarde en in die hemel (vers 20). Glo jy ook in hierdie ongelooflike grootheid van Christus?

Sing: Ps 150:1

Refleksie: Laat die enorme implikasies van hierdie teks op jou inwerk. Hoe leef ons as versoende mense in ‘n versoende skepping en onder ‘n versoende hemel?

4 comments:

  1. Inderdaad hoe bewus is ek van ons verantwoordelik vir die natuur om ons. Dankie vir die skrif gedeelte. Dit laat my beseg die grootheid van God se Woord.

    Mag jule veilig wees. Waar trek julle nou? Net jammer ons het nie 'n kaart om Jacobus se vordering te monitor nie. Maar dink aan julle en bid God se bewarende hand oor julle.

    Die Brandjies - 1 Bloem

    ReplyDelete
  2. Johann, dankie vir jou mooi woorde en julle gebed vir Jakobus!
    Daar is 'n rowwe kaart op facebook: https://www.facebook.com/footsteps2goodhope/photos/a.1933702343534383.1073741828.1932587770312507/1982136122024338/?type=3&theater. As jy sukkel om dit te sien epos my by martindwt@gmail.com. Groete

    ReplyDelete
  3. Dit is nie meer nuus dat DR Ryk van wealthylovespell@gmail.com 'n man is wat deur God gestuur is om die eensame, onderdrukte, verlate en gebroke harte te help nie. Ek het onlangs kommentaar gesien hoe hierdie man help om verlore liefde in 'n baie kort tydjie te herstel en ek is lankal depressief, want ek het my man na 'n ander verloor. Ek het kontak gemaak met hom en ek het gesê ek sal resultate in 2 dae kry, maar ek het dit eintlik nie glo nie, soos ek dit van ander gehoor het wat ek gekontak het en tog niks anders as tot my grootste verrassing nie, het alles gebeur soos belowe en ek kon Moenie hierdie vreugde hou nie, maar het daartoe gelei dat hierdie blog gepraat het oor die goedheid wat deur dr. wealthy aan my gewys is. As jy verlore of verward is, bekommer jou nie meer nie en kontak Dr Ryk op wealthylovespell@gmail.com of jy Whatsapp hom. + 2348105150446 Hy is God gestuur.?

    ReplyDelete
  4. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete