Monday 18 December 2017

Orde uit chaos: Maandag 18 Desember 


Ps 24:2: “…want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters.” (VB)

Om ure lank op ‘n strand te stap kan mens nogal laat wonder. Hoe is dit dan moontlik dat land en water so van mekaar geskei is? Gaan dit ook so bly? Hierdie vraag is al hoe meer aktueel in ‘n wêreld met stygende seevlakke en verwoestende vloede.  

Ps 24:2 gebruik ‘n beeld wat ons dalk vreemd op die ore kan klink. Hoe kan die aarde se fondamente stewig gevestig word in die see en in waters? Weereens is dit belangrik om daarop te let dat in die Psalms van poëtiese beeldspraak gebruik gemaak word. Die Psalm-digters het in ‘n antieke naby-oosterse tyd gewoon en het nie teen die agtergrond van ‘n wetenskaplike wêreldbeeld geskryf nie.  In ander Bybelboeke lees ons die beeld van die aarde se “fondamente” ook raak (Job 38:4; Jona 2:6). 

Vir die Hebreërs was die see geassosieer met chaos. Tot vandag nog boesem die see vrees in. Toe my seun so 3 jaar oud was en ons op die strand gaan stap het, het hy altyd heeltemal bo teen die duine gaan stap. As die golwe breek, maak dit soms ‘n oorverdowende klank. Daardie vrees vir die seewaters is nie net ‘n hedendaagse kinderlike reaksie nie, maar kom al vanaf die skepping af aan. In Genesis lees ons dat die aarde aanvanklik onbewoonbaar was; dit was “donker op die diep waters” (Gen 1:2). God se skeppende werk was om orde in hierdie chaos te bring sodat dit ook inderdaad bewoonbaar kan wees.  In Ps 104:7-8 staan dit pragtig: “Maar toe U die waters aanspreek het hulle gevlug, voor die krag van u stem het hulle die wyk geneem. Hulle het oor die berge gespoel en in die laagtes weggevloei na die plek toe wat U vir hulle bestem het” (VB). 

Golf na golf slaan op die kus neer. ‘n Mens hoef nie lank te sit en kyk, of lank te swem om onder die indruk te wees van die krag van die see nie. Strande skuif en soms oorspoel groot gebiede onder die krag van ‘n tsunami.  Wetenskaplikes verwag dat seevlakke beduidend kan styg in die afsienbare toekoms.  

In dit alles is daar is beperkings op wat die see mag doen. God, aan Wie die hele aarde behoort, het orde geskep sodat die wêreld bewoonbaar kan wees vir mens en dier.  Ons sluit af met Ps 104:9: “U het ‘n grens gestel waaroor hulle nie mag gaan nie, hulle mag die aarde nie weer oordek nie.”

Sing Ps 104:4-6. 

Refleksie: Reflekteer nou oor die krag van tsunami’s en stygende see-vlakke.  Hoe word hierdie kragte veroorsaak? Wat is die rol van menslike aktiwiteite op stygende seevlakke? Hoe kan ons beter omgaan met God se eiendom? 

1 comment:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete