Wednesday 20 December 2017

Skepper-Koning: Woensdag 20 Desember


Ps 24:3 “Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan?” (VB)

Die diens aan die Here is heilige erns. Verse 4-6 gee ‘n indruk van hoe groot  die verantwoordelikheid is om in die teenwoordigheid van God te wees.  Dit is ‘n heilige lewe met hart en hande.  Ps 15 brei verder uit op die vraag wie in God se teenwoordigheid mag kom. 

‘n Belydenis van God die Skepper van hemel en aarde, en Wie ook alles bewoonbaar gemaak het vir mens en dier, moet gepaard gaan met lofbetuiging en aanbidding in alle heiligheid. Die lofprysing word nog groter deurdat dieselfde God ook die oorwinnaar in elke stryd is (vers 8). Kennis van God se openbaring in die skepping en onderhouding van die wêreld, moet noodwendig lei tot verheerliking en danksegging (Rom 1:21).  Dit is afgodery om die skepping te geniet, daarin te stap, die goeie daarin te soek en dit te bestudeer sonder om God daarvoor te eer en dank; dit is niks anders as ‘n goddelose pad wat lei tot ondergang en verduistering (Ps 1:6; Rom 1: 26-32).

Die “berg van die Here” is die plek waar God verheerlik word (Ps 24:3). Veelal word daar dan aan die berg Sion gedink.  In die geografie van Israel was Sion ‘n berg met steil hellings wat maklik verdedig kon word, veral ook omdat dit naby die goeie water toevoer van Gideon geleë was.  Hierdie berg word ook vereenselwig met die berg Moria waar Abraham vir Isak moes offer.  Voorheen was die ark op die berg Siloh, net buite Bet-el, oftewel “huis van God”.

Die ark en later die tempel het God se intieme verwantskap met Israel afgebeeld.  In die antieke Israelitiese tyd is hierdie Psalm gesing tydens die troonbestyging van ‘n nuwe koning in Jerusalem. Nie eers daardie konings mog in die heiligdom ingaan nie - net die hoëpriester een keer per jaar.  Net God self is die Koning van die hele wêreld (vers 8, 10). God se koninkryk is nie beperk tot die geestelike werklikheid wat niks met die wêreld te doen het nie, maar moet ook nie gesien word as ‘n vereenselwiging met die aardse werklikheid nie.  Die duiwel werk ook in die wêreld en saai onkruid tussen die koring (Mat 13:24-30).

Aanbidding sonder reflektering op die skepping, onderhouding en regering van ons Koning word leeg en fokus op die geestelikheid van die self of die gemeenskap. ‘n Fokus op die skepping, onderhouding en regering sonder aanbidding verval in afgodery. Beide verloor sig op wat dit is om heilig te wees voor God, ‘n heiligheid wat alleen moontlik is in en deur die Koning Jesus Christus, Wie sit op die troon van Dawid.

Sing: Ps 15:1-5 en/of Ps 1:1-4

Refleksie: Reflekteer oor die vraag waarom dit klaarblyklik so moeilik is om Christelike geestelikheid en die bou en bewaar van die skepping bymekaar te hou sonder om te verval in of  ‘n negatiewe afkeer van die wêreld of ‘n positiewe dominering van die wêreld?

1 comment:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete