Monday 11 December 2017

Koue voete

Terugblik op Sondag 10 Desember 2017 ~ Martin de Wit


“Ek het amper gedink hy kry koue voete”, sê die dame met ‘n sagte laggie. ‘n Paar sekondes daarvoor het hy van die kansel afgeloop en langs sy vrou agter in die kerkgebou gaan staan. Hulle is soveel jare getroud en almal wie verjaar of ‘n huweliksherdenking gehad het in die afgelope week, moes gaan staan. Hy is die ouderling wat vandag die goeie boodskap mag bring. Hulle het ‘n proponent beroep en voorbidding word gevra.  Ons is in die Verenigende Gereformeerde Kerk te Port Nolloth.

Die groot kerk is maar ten dele vol. “Waar twee of drie in sy Naam vergader…” word al vroeg in die erediens genoem.  In ‘n sagte, maar beslisde stem voeg die ouderling by dat dit juis die tyd is dat Christene bymekaar moet kom om Christus se geboorte te herdenk.  Alkohol, duur geskenke, oor-etery is nie die lewenstyl van ‘n Christen nie. Kyrie eleison, sing ons, wees ons genadig Heer.

Voor die diens word Erik deurgestuur na die konsistorie toe. As hier opeens nege besoekers instap met T-hempe wat duidelik die FootstepstoGoodHope embleem vertoon, wil hulle dalk iets sê? Dit is nou wel nie gebruiklik so op kort kennisgewing in hierdie gemeente nie, maar dalk wil die kerkraad die geleentheid gun? 


Net na die afkondigings mag Erik die boodskap van Jakobus se stap bring: God het die aarde geskape en ons maak ‘n gemors daarvan. Is dit nie tyd dat ons almal op ons eie plekkie God eer deur die skepping te bewaar en skoon te maak nie? Die koppe knik instemmend. ‘n Mens hoor sommer hoe party hard begin dink – van hierdie mense het ons mos al voorheen gesien?

“Dankie Here Jesus vir die stappers, die stappers wat so ver gaan loop van Alexanderbaai tot in die Kaap. Ons het hulle op TV gesien en ons vra, Jesus dat U met hulle gaan…” Net na die ouderling se slotgebed is dit seker die oudste dame in die kerk wie haar hand opsteek en vra dat sy vir die stappers mag bid. Haar stem dra ferm deur die kerkgebou.  As die Heilige Gees iemand inspireer, is daar geen teenspraak nie.  Almal sit geduldig deur hierdie onbeplande gebed. “Mag Jesus Christus met julle gaan”, sê sy weer toe ons die kerk wil-wil begin uitstap.


Een van die onderwyseresse van die dorp, Juffrou Jackie, het egter ander planne. Foto-sessie met Jakobus en die kerkraad, met Jakobus en die jong mense, met Jakobus en sy hele ondersteuningspan hier teenwoordig en met Jakobus en van die gemeentelede. Die boodskap moet uitgaan! Selfs die mynbase gaan met haar te doen kry as hulle Jakobus nie laat deurstap nie. En as ek hierdie dame reg opsom, mag die mynbase maar solank begin regmaak.

Salig is die voete van diegene wie die evangelie bring.  Aan U alle eer, ons Skepper en ons Koning, Wie deur ons swakhede nog steeds bly werk. Vanoggend was hier in die VGK van Port Nolloth geen koue voete nie. 

1 comment:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete