Saturday 9 December 2017

Iets om aan gewoond te raak 

Vrydag 8 Des 2017

Dit voel maar vreemd om so vasgekluister te wees aan `n foon.  Vir my was dit nog altyd net `n stuk toerusting wat `n mens gebruik wanneer jy dit nodig het en dit is verkieslik nie te veel keer per dag nie.  Hierdie satelietfoon wat ek nou by my het is egter meer soos `n naelstring wat my aan Jacobus verbind.  Die bewys dat hy veilig en OK is.  Om egter enigsinds van nut te wees moet dit permanent aangeskakel en verkieslik nie onderdak wees nie en moet ek dit orals buite met my saamdra.  As ek binne is, moet ek dit so buite neersit dat niemand dit kan sien nie...  Omdat dit heeltyd aan is, vreet dit batterye en moet ek dit heeltyd laai.  Gelukkig kan ek dit in die bakkie doen deur dit aan my ekstra battery te koppel.  Dit beteken ook dat ek dan gereeld moet gaan kyk of daar nie `n boodskap is nie.  Die satelietfone is immers daar vir noodgevalle...  Ons moet dus altyd bereikbaar wees.
Ons het dit op die harde manier geleer...




Nadat Jacobus in die mis verdwyn het, het ons eers 'n bietjie die dorp verken.  Ons moes nog proviand koop, diesel ingooi en ek wou kyk of `n goeie kollege-vriend van my se ouers nog op die dorp woon.  By die hoërskool waar die onderwysers nog vir oulaas `n paar adminwerkies afgehandel het, het hulle nog nooit van Wimpie Nel gehoor nie.  Dit verbaas my nie, want hy was mos op Springbok op skool, maar mnr. Eric Louw het my beduie om by `n oom op die dorp uit te kom wat baie weet van die dorp se geskiedenis en sy mense.  Dit was nog maar 8hoo en ek was bietjie skrikkerig om by `n wildvreemde huis aan te klop.  Net nou slaap die mense nog?

Oom Flippie Huysamen het die deur net op `n skrefie oopgemaak en vir my geloer.  Sy hare nog deurmekaar soos hy nou net uit die bed opgestaan het.  Soos ek al meer verduidelik het, het die deur al verder oopgegaan en is ons selfs genooi vir koffie en beskuit. `n Vinnige navrae oor  `n kollege-vriend het op die ou end uitgeloop op `n twee en `n half uur kuiertjie.  Dit was fantasties. Sout van die aarde mense.


Oom Flippie en tannie Marie
Oom Flippie woon al 74 jaar in Alexanderbaai.  Hy is gebore op Brandkaros, `n plaas waar ons gesin in 2016, vir een nag oorgebly het.  Dit was vroeër `n vermoënde vrugteplaas, maar vandag gaan daar nie veel aan nie.  Nog net die kampplek word bestuur.  Die res is Gemeenskapsgrond van die Namas.  Oom Flippie het op 17 jarige leeftyd by die myne begin werk.  Hy het tannie Marie tydens `n besoek aan sy niggie in die Kaap ontmoet.  Tannie Marie het agter die till gewerk in Ackermans in Bellville en dit is waar hulle ontmoet het... weerskante van die till in Ackermans!  Oom Flippie is baie hartseer oor hoe Alexanderbaai agteruitgegaan het.  Vroeër is daar goed vir hulle gesorg.  In die dae toe die myne nog aan die staat behoort het...  Ahoewel hulle vir maande nie uit die ou mynkamp kon uitgaan nie, was die lewe goed.  As hulle iets nodig gehad het, soos kruideniersware of wat ook al, het hulle net `n vorm ingevul en die myn het dit op jou kombuistafel afgelaai.  Die geld wat jy geskuld het, is dan net van jou salaris afgetrek.  Die klein winkeltjie in die ‘konsentrasiekamp”, soos hulle hul blyplek ook genoem het as gevolg van die drade en wagte, was net vir klein goedjies.  Vandat Alexkor die myne oorgevat het, is baie dinge geprivatiseer en het dinge verander.  Die broederlikheid onder die myners het ook verdwyn.  

`n Mens kan sien oom Flippie was trots op Alexanderbaai.  Dit was `n vooruitstrewende dorp.  Netjies, georden, volgens reëls.  Mense het respek gehad.  Maar die dorp het agteruitgegaan.  Dit behoort lankal nie meer aan die myne nie.  Dis nou Namagrond.  Die Namas het `n landclaim ingesit.  Oom Flippie gaan haal twee lêers uit `n kas uit en wys vir my die papiere: Die dorp, vier spogplase (soos Brandkaros), 12 korridorplase, 280 000 ha grond, R485 Miljoen en 49% van die myn se aandele is aan hulle gegee.  Oom Flippie is maar bitter hieroor.  Hy het self `n landclaim ingesit vir een van die twaalf korridorplase wat aan sy pa behoort het en waarvan hul onteien is vir mynbou.  Die antwoord wat hy van die regering gekry het was dat hy nie hulle tyd moet mors nie...

Oom Flippie het baie stories gehad om te vertel.  Van Verwoerd se planne om met die Oranjerivierskema hierdie deel van die wêreld te besproei tot by hul seun wat nou skoolgee op Worcester.

Ons kom met moeite daar weg.


Ons soek 'n hoë punt vir sein... bo-op die gholklubhuis se dak!


Tydens die kuier was daar heeltyd `n stemmetjie in my agterkop, dat dinge by Jacobus nie reg is nie.  Toe ek op die sel- en satelietfoon kyk is daar drie boodskappe:  Hy is deur sekuriteit voorgekeer.  Hulle wil hom oplaai en anderkant die draad drop.  Gelukkig het Jacobus `n afskrif van die sekuriteitsklaring wat ons gekry het op sy foon gehad.  Maar die man vertrou dit nie.  Alhoewel hy vir Jacobus laat aanstap het, sou hy eers by die kantoor gaan uitvind wat die situasie is...

Na `n tydjie kry ons `n boodskap by Jacobus:  “Ek dink ek het hom afgeskud.  Ek bly weg van die strand of paaie en loop deur die duine.”  Hoe hy sy spore doodgevee het weet ek nog nie.

Om deur die dik sand van die duine te stap is geweldig vermoeiend.  Ek hoop nie dit tap te veel van sy kragte nie.

Ons is dadelik na Alexkor se sekuriteitskantoor om dinge uit te sorteer.  Mnr. Jantjies, die hoof van sekuriteit wat op Jacobus afgekom het, was nou meer gerus en het aangebied om my te help om Jacobus Saterdag uit die myngebied te gaan haal, sodat hy volgens plan die Sondag by ons kon deurbring. Ons mag nie sonder begeleiding in die myngebied ry soos gehoop het nie.   Maandag moet hy dan weer teruggevat word na daardie presiese koördinate.

Ek het dadelik vir Jacobus laat weet dat almal nou op hoogte is van die projek en dat hy uit die duine moet kom en strandlangs kan stap om homself te spaar.  Ongelukkig weet ek nie wanneer en of hy die boodskap gekry het nie...

Die satfoon bly nou aan my sy.  Aan en gelaai.

By die petrolstasie vra die vroulike petroljoggie wat die magneetborde op die bakkie se deure beteken.  Toe ek haar vertel, was haar antwoord:  “Net liewe Jesus kan hom daarvoor krag gee...”


Kyk daardie mooi magnetiese kenteken vir Footsteps op die bakkie se deur!

Salome van Spogplaas (die bakkie staan voor die huis van Spogplaas)




3 comments:

  1. Ai so bly julle kon die diamant spietkops aan julle kant kry. bly maar 'n moeilike klomp. Dankie vir die stories. Sjoe, dis lekker om alles te lees en te kan leer van ons streek. Hou so aan. En baie groete aan Jacobus. Ons hou hom in ons gedagtes en gebede.

    ReplyDelete
  2. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete
  3. OLÁ A TODOS
    Dr. afrid realmente é tão maravilhoso para mim que sempre testemunharei sua grandeza na minha vida, que poderia acreditar que o dr Afrid ervas medicinais me curou do meu vírus do herpes que eu estava tendo nos últimos 4 anos, me deparei com drafridherbalhome11 @ gmail. com em uma página de como tratar o vírus do herpes e vi muitos testemunhos de como o Dr. Afrid os ajudou em vários problemas e situações, e seus números de celular também estavam em cada testemunho +2349056393547
    para contatá-lo, porque eu precisava de ajuda para me livrar do meu vírus do herpes, escrevi para ele no app e contei o que estava passando! Caros amigos, todos os dr. lembre-se saúde é riqueza, ele me enviou um remédio herbal para a cura do meu vírus do herpes, fiquei muito feliz porque, depois de beber as ervas conforme as instruções dele, fui ao hospital para fazer um check-up para minha surpresa, meu resultado para o herpes saiu negativo Eu recomendo drafridherbalhome11@gmail.com para quem precisar de sua ajuda, você também pode
    ... Obrigado Dr ...

    ReplyDelete