Wednesday 27 December 2017

Vervloekte aarde? Woensdag 27 Desember


Gen 8:21: “…Ek sal die aarde nie meer vervloek ter wille van die mens nie…Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie”  (OV)

As ‘n mens in ‘n samelewing woon waar dit materieel goed gaan en waar die landbou met redelike gemak en voorspelbaarheid in jou voedsel bly voorsien, sukkel dit soms om te besef wat dit is dat die land vanaf die sondeval onder God se vloek staan. Daar word dan dikwels verkeerdelik na hierdie teks verwys om ‘n meer optimistiese beeld van menslike landbou- en ander prestasies te probeer teken. 

Net na die sondeval sê God aan die mens: “…vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring…” (Gen 3:17-18).  In plaas van “aarde” kan die grondteks hier kan beter vertaal word met “grond” of “land”.  Na die sondeval het die grond nie meer in oorvloed gelewer nie. Om te oorleef was harde werk.  Die mens moes met pyn en moeite stry teen die natuur.  Ons lees verder dat die mense se vermeerdering op die aarde na die sondeval met ekstreme geweld en boosheid gepaard gegaan het (Gen 4:8; 6:5, 11-13). 

God maak ‘n nuwe begin deur aan Noag en sy hele skepping te dink (Gen 8:1). In plaas van uitbuiting en geweld moes Noag weer doen wat aanvanklik aan die mensheid opgedra is, naamlik om met sorg die skepping te bewaar.  Noag, die man wat met God gewandel het (Gen 6:9) was ook Noag die natuurbewaarder.

Dit is opmerklik hoe na die vloed God se Gees, net soos in Gen 1, oor die waters gesweef het (Gen 8:1) en ‘n herskepping plaasgevind het. Die toenmalige wêreld het vergaan (2 Petr 3:6) en ‘n nuwe wêreld is geskep.  God het vir ‘n oomblik sy toorn uitgestort, maar ontferm Homself weer oor sy skepping (sien Jes 54:8).  Die vloek waarvan in ons teks gepraat word, verwys spesifiek na die waters wat oor die aarde gegaan het (Jes 54:9).  Die vloek oor die aarde na die sondeval is nie hiermee opgehef nie.  Daarvoor is ‘n veel meer radikale  oplossing nodig, naamlik die verlossingswerk van Jesus Christus. 

God ontferm Homself oor die aarde en alle lewende wesens en maak ’n verbond met die dag en nag (Jer 33:20) en bring weer orde in die skepping (Jer 31:35-36). Die siklusse van die seisoene word weer ingestel (Gen 8:22). Daar is weer moontlikhede in so ‘n herstelde skepping. Die aarde is weer vol van die Here se troue liefde (Ps 33:5). Noag plant ‘n wingerd en die aarde lewer vrug (Gen 9:20). Moeders kan weer bly wees met hulle kinders (Ps 113:9). God verbind Homself daartoe om lewe op aarde te onderhou.

Duisende jare later skryf Paulus egter dat die hele skepping nog steeds bly sug (Rom 8:22). Die sonde van die mensheid woed voort. Bykans onmiddellik na God se ontferming word Noag al dronk (Gen 9:21).  Sy nakomelinge verhef hullself teen God en bou die toring van Babel (Gen 11).  Paulus waarsku sterk teen die sondige menslike natuur en merk wyslik op dat wat die mens saai, hy ook sal maai (Gal 6:7).

Laat ons eerder staatmaak op God se beloftes en sy verbond met sy hele skepping as wat ons op ons eie bors slaan oor ons eie menslike prestasies.

Sing: Ps 33:2

Refleksie: Noag se aanbidding is vir God ‘n lieflike geur. God beloof dat geen waterramp weer oor die aarde en alle lewende wesens uitgestort sal word nie. Mediteer oor die krag van jou gebed vir ‘n skepping wat sug.

2 comments:

  1. Dit is nie meer nuus dat DR Ryk van wealthylovespell@gmail.com 'n man is wat deur God gestuur is om die eensame, onderdrukte, verlate en gebroke harte te help nie. Ek het onlangs kommentaar gesien hoe hierdie man help om verlore liefde in 'n baie kort tydjie te herstel en ek is lankal depressief, want ek het my man na 'n ander verloor. Ek het kontak gemaak met hom en ek het gesê ek sal resultate in 2 dae kry, maar ek het dit eintlik nie glo nie, soos ek dit van ander gehoor het wat ek gekontak het en tog niks anders as tot my grootste verrassing nie, het alles gebeur soos belowe en ek kon Moenie hierdie vreugde hou nie, maar het daartoe gelei dat hierdie blog gepraat het oor die goedheid wat deur dr. wealthy aan my gewys is. As jy verlore of verward is, bekommer jou nie meer nie en kontak Dr Ryk op wealthylovespell@gmail.com of jy Whatsapp hom. + 2348105150446 Hy is God gestuur.?

    ReplyDelete
  2. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete