Saturday 23 December 2017

God sorg: Saterdag 23 Desember 


Lees: Ps 104

Teks: Ps 104:27-29: “Hulle almal wag op u, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie. U verberg U aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot stof.” (OV) 

Alles en almal is van God afhanklik. Let daarop hoe daardie afhanklikheid werk in die teks. Almal wag op God. God gee op die regte tyd. Dan word hulle met die goeie versadig. Die skepping is anders as God, maar is wel daagliks afhanklik van God se onderhoud en voorsienigheid.  God is nie een met die skepping nie, maar Hy is wel diep betrokke in die skepping.

God kan ook orals in die skepping raakgesien word. Die Psalm noem dat God gesien kan word bv. in: stroompies, berge, voëls, plante, koring, wyn, olie, bome, seders, neste, die ooievaar, sipresse, steenbokkies, rotse, dassies, die maan, die son, duisternis, diere van die bos, jong leeus, die mens, klein en groot seediere, Leviathan, aardbewings en vulkane. Alles is ingesluit, al word nie alles hier vermeld nie (vers 24).  

Alle skepsels kyk na God en wag hoopvol en geduldig dat Hy in hulle voedsel sal voorsien.  Alle skepsels, mense en diere, ken hierdie gemeenskaplike afhanklikheid.  Elke skepsel op aarde het voedsel nodig en almal word deur God voorsien.  Daarom is daar so ‘n enorme verskeidenheid van plante en diere - daar is iets vir elkeen, soos gras, broodkoring, wyn, olie en prooi vir die leeus.  In God se goeie skepping is dit nie nodig om onsself op ons eie manier veilig te wil stel nie.  Ons mag geduldig en hoopvol op God wag omdat ons weet dat Hy voorsien in oorvloed.  Ek dink dit is een van die grootste struikelblokke vir die moderne mens om kinderlik afhanklik te wees.

God gee voedsel. Dit is en bly ‘n geskenk wat met danksegging aanvaar mag word.  God onderhou die ritmes van die seisoene. Hy bring vrugte voort op verskillende tye en sluit sy hand op ander tye. God se goeie gawes sluit nie uit dat daar natuurlike prosesse is nie. Die Psalm beskryf pragtig hoe God natuurlike siklusse gebruik om voedsel te bly gee: die bome word versadig, jong leeus volg hulle instink en gaan jag, die son gaan op en onder – alles is met groot wysheid gemaak (vers 24).  God sorg vir die wêreld deur hierdie natuurlike siklusse en prosesse. Daarom is dit pragtig as Christene hulle wil verdiep in die natuurwetenskappe. Solank dit met lof aan die Koning gedoen word.

Versadiging vind plaas met die goeie.  Leeus wat klaar gejag en geëet het gaan rustig lê totdat hulle weer honger is. Hulle rus hoopvol en geduldig tot God weer vir hulle voedsel gee. In hierdie sin word hulle versadig met die goeie. Die sondige mens egter, weet al te goed wat dit is om onversadig deur die lewe te gaan. Hy soek altyd meer en meer. Daar mag ‘n oorvloed aan voedsel wees, maar die geduldige afwagting en dankbare ontvangs uit God se hand ontbreek. 

As God sy aangesig wegneem dan skrik mens en dier. Die oorvloedige seën van God word verhinder deur die mens se ongeloof en sonde en die res van die skepping ly ook daaronder. As God sy lewensasem wegneem, dan sterf mens en dier en keer terug tot stof (vers 29). Nuwe lewe begin weer as God se Gees uitgestuur word. 

Die natuurlike siklus gaan voort, maar daar is ‘n vaste belofte en hoop wat verder strek as hierdie hemel en hierdie aarde. 

Sing: Ps 104: 17,18

Refleksie: Jy kan in oorvloed lewe sonder om materieel wel-af te wees.  Lê die toets nie by ons vertroue om werklik in geduldige en hoopvolle afwagting van God se seën te leef nie? Kan ons iets van hierdie geduldig afwagting by die diere raaksien?

2 comments:

  1. Dit is nie meer nuus dat DR Ryk van wealthylovespell@gmail.com 'n man is wat deur God gestuur is om die eensame, onderdrukte, verlate en gebroke harte te help nie. Ek het onlangs kommentaar gesien hoe hierdie man help om verlore liefde in 'n baie kort tydjie te herstel en ek is lankal depressief, want ek het my man na 'n ander verloor. Ek het kontak gemaak met hom en ek het gesê ek sal resultate in 2 dae kry, maar ek het dit eintlik nie glo nie, soos ek dit van ander gehoor het wat ek gekontak het en tog niks anders as tot my grootste verrassing nie, het alles gebeur soos belowe en ek kon Moenie hierdie vreugde hou nie, maar het daartoe gelei dat hierdie blog gepraat het oor die goedheid wat deur dr. wealthy aan my gewys is. As jy verlore of verward is, bekommer jou nie meer nie en kontak Dr Ryk op wealthylovespell@gmail.com of jy Whatsapp hom. + 2348105150446 Hy is God gestuur.?

    ReplyDelete
  2. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete