Thursday 14 December 2017

God die Skepper: Donderdag 14 Desember

Lees: Gen 1:1 “In die begin het God die hemel en die aarde geskape” (OV)

Miljoene sterre, die krag van die son, water op ‘n dorstige land, windstorms, woeste berge en diep valleie, die paaie van voëls en visse, die wonderlike skoonheid van blommetjies in die veld, die lys hou aan en aan … Hoe meer mens jouself daarin verdiep, hoe groter word die verwondering.  Hoe kan dit tog alles moontlik wees?

Met die kragtige woorde van Gen 1:1 word God se geopenbaarde Woord op skrif gestel.  Met een duidelike sin word die Hebreeuse volk destyds en ons vandag apart gestel van alle heidense oortuigings wat aanvoer dat die gode maar net ‘n wêreld kon gevorm het uit materiaal wat van ewigheid al af bestaan het. 

Let op die volgende:
Die woord “geskape” (‘bara’) word gebruik, nie die woord “vorm” (‘yatsar’) of “orden” nie. 
Die Hebreeuse woord vir God hier is Elohim, wat in die meervoud opgeteken staan. Elohim is die enigste almagtige God Wie ver bo alle mensgemaakte afgode staan.
Die woorde “in die begin” is ‘n tydsaanduiding – die skepping het ‘n bepaalde begin gehad en was nie van ewigheid af aan nie.

Soos ons in Joh 1:1 lees was die Woord ook al daar in die begin.  Christus was ook al daar van ewigheid af aan. In Gen 1:2 en Ps 104:30 lees ons dat die Gees ook teenwoordig is by die skepping.  Elke Persoon in die Drie-enige God was teenwoordig by die Skepping en is self nie geskape nie.  Die Christus Wie jy ontmoet het as Verlosser of die Gees Wie van Hom in jou hart getuig is nie los te make van God die Skepper nie.

In hierdie eerste vers van die Bybel word die eerste groot lyn getrek: die wie God as Skepper bely en die wie dit nie wil doen nie.  Hierdie Skepper van hemel en aarde word ook telkemale na verwys as die enigste ware God (Jes 37:16; Jer 10:10-12; Ps 96:5). Enige ander god is ‘n afgod.

As jy die Bybel eerbiedig lees, staan jy aan die voete van hierdie enigste Skepper-God.  As daar iets is wat hierdie openingsverse van die Bybel behoort te doen is om ons op ons knieë te dwing. Wie kan voor so ‘n Almagtige God bestaan? God is die Skepper en ons is slegs skepsels. Ons kan nie Gen 1 lees met die doel om daarin bewyse te soek wat ons eie vooropgestelde teologie of wetenskap ondersteun nie. Stel jou voor, die vermetelheid!

Die eerste vers van die Bybel spreek ons aan op die houding waarmee ons die geopenbaarde Woord benader.  Ons word uitgenooi om uit te vind wie die Almagtige God is!  Dis nie ‘n nuuskierige uitvraery oor wat God is of wat Hy gedoen het voor die skepping (asof ons klein breintjies soveel grootheid sou kon bevat!), maar allereers ‘n gehoorsame luister na God Wie Homself openbaar. 

Ja, dan roep ons uit: Wie is hierdie God!? Met daardie vraag op ons lippe lees ons dan verwonderd verder.

Sing: Ps 104:1-4

Refleksie: Dink na oor alles wat jy vandag weer in die natuur gesien het. Lys en benoem die dinge wat vir jou uitgestaan het.  Neem tyd om die verwondering op jou te laat inwerk.  Staan oop vir die leiding van die Gees en gaan dan oor tot ‘n lofgebed aan God die Skepper van alles.

1 comment:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete