Saturday 9 December 2017

Aangenome Eerstelinge: 9 Desember


Lees: Rom 8:23

“En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees van God se eerste vrug ontvang het, ook ons sug self in ons binneste, terwyl ons daarna uitsien dat God ons kindskap en die bevryding van ons liggame openlik bekend sal maak.” (DV)

Watter rol die mens in die skepping moet speel, bly ‘n punt van bespreking onder Christene.  Ons vers vandag gee egter heelwat insigte hieroor en roep op tot bekering en vernuwing.

Die eerste vrugte word aan die begin van die oes aan God gewy. Hierdie beeld word gebruik om aan te toon dat die Gees as waarborg, oftewel as deposito, aan ons gegee is (2 Kor 1:22, 5:5). 

As die Gees van God werklik in jou woon, behoort jy aan Christus (Rom 8:9). Die woord “kindskap” verwys na die aanneming as kind met volle wettige regte as erfgenaam. Kinders van God word nou al in hierdie lewe deur die Gees gelei (Rom 8:15), maar hierdie aanneming sal eendag met die wederkoms van Christus vervolmaak word. Ons sug nou al innerlik dat ons aanneming as kind van God en die liggaamlike opstanding openlik bekend mag word. Saam met die skepping sug ons om bevry te word van die bande van die dood.

Dit maak mens nie passief nie, inteendeel, dit maak mens gerig op die lewe. Hoopvol leef die skepping tot lof van die Skepper en hoopvol soek ons die lewe van die skepping - nou al op ‘n klein manier, maar ook tot in ewigheid.

Aangenome kinders wie die Gees as waarborg ontvang het van veel groter dinge wat gaan kom, mag nie daarop uit wees om die skepping te bemeester nie. Met al ons kennis, wetenskap, tegnologie en organisasie in ekonomie en politiek kan ons alte gou die skepping probeer beheer en na ons eie hand sit. Ons leef tans in die middel van ‘n ongekende verlies aan biodiversiteit deur die mens se vergrype aan die lewe van die skepping. Sug ons nog saam met die skepping of is die skepping se versugting ook aan jou en my te wyte?

Aangenome kinders wie die Gees as waarborg ontvang het van veel groter dinge wat gaan kom, mag ook nie wyfelend terugtrek uit die samelewing nie.  Ons hoef nie tot ekstreme maatreels te gaan om die samelewing te verwerp en ons self terug te trek in kerk-ghetto’s, ekologiese kommunes of asketiese lewenstyle of te probeer ontsnap uit ons huidige lewe na die verlede of toekoms. Sug ons daadwerklik nog saam met die skepping, of probeer ons onsself terugtrek uit die skepping?

Aangenome kinders wie die Gees as waarborg ontvang het, leef in volle vertroue en wil meer en meer gevorm word na die Beeld van Christus (Rom 8:29; Kol 3:10).  Elke dag word ons geroep om te deel in die gemeenskap met Christus. Hoopvol dankbaar en jubelend mag ons elke dag lewe en ook lewe vir die skepping bring, ten spyte van ‘n sugtende wêreld vol dood en vernietiging.

Woon die Gees van God werklik in jou? Glo jy in Jesus Christus? Bid vir jouself en vir mekaar dat dit ook mag uitkom in ons denke, houding en optrede in God se skepping.

Sing: SB 20:7,8

Refleksie: Reflekteer oor jou aanneming as kind van God. Reflekteer oor hoe die Gees aan jou gees bekragtig dat jy kind van God is (Rom 8:16). Hoe sug jy saam met die skepping as aangenome kind van God wie alreeds die Gees ontmoet het in jou eie lewe? Bely jou tekortkominge en sonde en bid vir vernuwing in jou verhouding in God se skepping. As jy nie mooi weet waarvoor om te bid nie, rus terug in die hande van jou Vader en laat die Gees wil vir jou intree (Rom 8:26).

2 comments:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete
  2. OLÁ A TODOS
    Dr. afrid realmente é tão maravilhoso para mim que sempre testemunharei sua grandeza na minha vida, que poderia acreditar que o dr Afrid ervas medicinais me curou do meu vírus do herpes que eu estava tendo nos últimos 4 anos, me deparei com drafridherbalhome11 @ gmail. com em uma página de como tratar o vírus do herpes e vi muitos testemunhos de como o Dr. Afrid os ajudou em vários problemas e situações, e seus números de celular também estavam em cada testemunho +2349056393547
    para contatá-lo, porque eu precisava de ajuda para me livrar do meu vírus do herpes, escrevi para ele no app e contei o que estava passando! Caros amigos, todos os dr. lembre-se saúde é riqueza, ele me enviou um remédio herbal para a cura do meu vírus do herpes, fiquei muito feliz porque, depois de beber as ervas conforme as instruções dele, fui ao hospital para fazer um check-up para minha surpresa, meu resultado para o herpes saiu negativo Eu recomendo drafridherbalhome11@gmail.com para quem precisar de sua ajuda, você também pode
    ... Obrigado Dr ...

    ReplyDelete