Saturday 30 December 2017

Aarde en aanbidding: Saterdag 30 Desember 


Ps 24:1: “Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en die wat daar woon, alles behoort aan die Here…” (VB)

‘n Mens hoor dit nog steeds veels te veel dat om te werk in God se koninkryk iets geestelik moet wees, terwyl die bou en bewaring van God se skepping eintlik maar gewoon en selfs ondergeskik is. Sommiges beweer selfs dat die materiële dinge in die skepping minderwaardig of selfs kwaad is, terwyl net die geestelike dinge kwansuis goed is.

Gaan lees Ps 24 in sy geheel.  Die verwysing na God as Eienaar van die hele aarde en alles wat daarin woon en die aanbidding tot God staan in reëlregte verbintenis tot mekaar.  Daar is geen skeiding tussen die aardse en geestelike in hierdie Psalm nie! In tipiese Hebreeuse poëtiese styl gebruik die psalmis die woorde “aarde” en “wêreld” (vers 1) in parallel om sy punt te maak. Dit gaan hier nie net oor mense nie, maar oor alles, elke skepsel – lewend of nie-lewend. Al mag dit dalk voel dat jy nie verstaan hoe so ‘n verbintenis dan werk nie, weet ons dat die Psalms poëties is en ons die moontlikheid gee om die ervarings en emosies wat ons het onder woorde te bring.  Die grootheid van God se skepping roep op tot eerbetoon!

Die Israeliete destyds het die Psalms gesing as deel van hulle aanbidding en hierdie Psalm is heel moontlik gekomponeer toe die ark op feestelike wyse teruggebring is in die stad (2 Sam 6:5,13).  Daarna is die Psalm telkemale gesing as die ark saamgegaan het oorlog toe en weer teruggekom het. Volgens oorlewering het die Jode later in ballingskap hierdie Psalm elke Sondag gesing om die eerste dag van die Skepping te herdink.  Die funksie van die Psalms oor die algemeen was om die verbintenis tussen God en diegene wie Hom aanbid te versterk. 

Vandag geld daardie Psalms nog net soveel vir ons.  Die eredienste en rituele van die Israeliete destyds was toe al ‘n afskaduing van Christus (Kol 2:17). Christus was die vervulling dat al die volke in Abraham geseën sal wees (Gen 12:3). Dink daaroor wat dit beteken dat Jesus Christus vandag hierdie Psalm saam met jou lees en sing.

Die woorde in vers 1 wat na die aarde verwys is nie uitgesluit uit aanbidding nie. So asof ons van die skepping geniet of daarin ons terapie vind, dit miskien met ‘n foto vasvang, en dan vervolgens weer oorgaan tot die werklike meer belangrike geestelike sake.  Inteendeel! Hierdie Psalm maak dit duidelik dat alles op hierdie aarde en alles wat hier woon aan God behoort en dat dit verweef is met aanbidding.  

Sing: Ps 24:1-5

Refleksie: Kyk rondom jou. Alles behoort aan die Here. Sien die grootheid maar ook die detail. Bring lof en eer aan die Here.

2 comments:

  1. Dit is nie meer nuus dat DR Ryk van wealthylovespell@gmail.com 'n man is wat deur God gestuur is om die eensame, onderdrukte, verlate en gebroke harte te help nie. Ek het onlangs kommentaar gesien hoe hierdie man help om verlore liefde in 'n baie kort tydjie te herstel en ek is lankal depressief, want ek het my man na 'n ander verloor. Ek het kontak gemaak met hom en ek het gesê ek sal resultate in 2 dae kry, maar ek het dit eintlik nie glo nie, soos ek dit van ander gehoor het wat ek gekontak het en tog niks anders as tot my grootste verrassing nie, het alles gebeur soos belowe en ek kon Moenie hierdie vreugde hou nie, maar het daartoe gelei dat hierdie blog gepraat het oor die goedheid wat deur dr. wealthy aan my gewys is. As jy verlore of verward is, bekommer jou nie meer nie en kontak Dr Ryk op wealthylovespell@gmail.com of jy Whatsapp hom. + 2348105150446 Hy is God gestuur.?

    ReplyDelete
  2. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete