Tuesday 12 December 2017

Heersers? Dinsdag 12 Desember


Ps 8:7: “U laat hom heers oor die werk van u hande; U het alles onder sy voete geplaas:…” 

Toe Josef sy broers van sy drome begin vertel het hulle verontwaardig gereageer: “Wil jy miskien oor ons regeer? Of wil jy miskien oor ons heers?” (Gen 37:8) (OV).  Die Filistyne het ook by tye oor Israel geheers (Rig 14:4). Om te heers het al van vroeg af ‘n negatiewe toon gehad.  In ons teks en met verwysing na die skeppingsopdrag word om te heers oor die skepping (Gen 1:26) egter as positief gesien. Hoe moet ons hierdie tekste lees?

Sekere mense dink dat die wortels van die ekologiese krisis geleë is in die Bybelse opdrag om oor die skepping te heers. Hulle voer aan dat in Gen 1 positief oor die mens se heersing oor die skepping gepraat word en dit dus God se wil sou wees dat mense die natuur kan gebruik vir die mens se eie doelwitte.  Tesame met die vinnige ontwikkeling van tegnologie en wetenskap in die laatste paar honderd jaar is dit vir die eerste keer in die geskiedenis van die wêreld moontlik vir die mens om die natuur werklik te onderwerp op ‘n groot skaal met enorme risiko’s en negatiewe gevolge vir planeet aarde.  In antwoord daarop het daar ‘n hele beweging op gang gekom om Christene en die Bybel te probeer verdedig teen sulke aanklagte, byvoorbeeld deur die negatiewe kante van onderwerping en beheersing te vervang met die meer positiewe benaming van rentmeesters oor God se aarde.  Tog moet ons baie versigtig wees om die Bybel met so ‘n vooropgestelde “groen bril” op te wil gaan lees.

Ons moet nie so vinnig van die opdrag om te heers oor die skepping probeer ontslae raak nie. Die heers waarvan Psalm 8 melding maak word in die Nuwe Testement aangehaal met verwysing na Christus se koningskap (1 Kor 15:27).  God het alles aan Christus onderwerp (Ef 1:22).   Selfs Nebukadnesar het getuig van God se ewige koninkryk (Dan 4:3).  Die opdrag om te heers oor die skepping was ‘n groot eer wat die mens te beurt geval het, maar dit is ‘n eer wat die mens verloor het met die sondeval.  In Christus word hierdie heerserskap in ere herstel, dusdanig so dat alles in die skepping – van mak diere tot ontembare visse (verse 8 en 9) – weer onder Christus, die enigste ware Beeld van God, se voete geplaas word.  Deur in Christus te wees hoef en mag geen skepsel weer oor ons regeer nie – geen son, maan, plant of dier nie.  Om te heers sonder Christus ontaard egter in verwoesting en uitbuiting van die skepping.  

Die probleem is dus nie dat ons heersers is oor God se skepping nie, maar of ons heersers is op eie krag of heersers onder Christus se koningskap. Die werklike oplossing vir die ekologiese krisis is net in Christus en deur Hom te volg mag ons nou al daaraan saamwerk.

Sing: Ps 72:1, 9.
Refleksie: Herken jy dalk aspekte van ‘n negatiewe beheersing van die skepping in jou eie lewe?  Hoe sal dit lyk dit om te heers onder die koningskap van Christus?

3 comments:

  1. Deur die jare met gesprekke met mense het die heers oor die aarde n beter plek vir my gekry in die term rentmeesterskap. Ons is aangestel as rentmeesters oor die skepping, n eer en n groot verantwoordelikheid. Die ekologiese krisis sal bly want die aarde swoeg saam met ons na die sondeval. Dit neem nie ons verantwoordelikheid weg nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Peter, baie dankie vir jou opmerking. Ek is seker meeste van ons Christene is heel gemaklik met die term rentmeesterskap. Ek het dit ook baie gebruik en doen dit nogsteeds. Ek het egter wel versigtiger begin word met daardie term. Die teks hier praat duidelik van heers. Ook die tekste in Genesis. Dat ons as mense iets negatiefs van heers gemaak het is jammer en 'n gevolg van die sondeval. Om te heers was nog altyd 'n enorme eer! Tans heers ons net werklik deur met Christus se heerserskap bekleed te wees - nou ten dele eendag ten volle. Die eer bly, maar kom nou ten volle aan Christus toe. Ons verantwoordelikheid bly, dis nou 'n antwoord op Christus.

      Delete
  2. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete