Friday 15 December 2017

Creatio per verbum: Vrydag 15 Desember 

Lees: Gen 1:3a “Toe het God gesê…” (VB)

Miskien het jy al rondgereis in vreemde lande en kon jy nie die taal praat nie. ‘n Mens voel dan maar erg hulpeloos.  Gewapend met ‘n paar woorde durf jy ‘n restaurant aan en hoop vir die beste, nie altyd met die beste gevolge nie! Om te kan praat en verstaan te word is geweldig waardevol. Deur te spreek het alles begin.

Tot 10 keer vind ons die refrein “Toe het God gesê…” in Genesis 1 (sien verse 3, 6, 9, 11, 14, 20, 24, 26, 28, 29). Al in die derde vers van die Bybel sien ons die enorme implikasies as God spreek.  God skep deur sy Woord (Latyns: creatio per verbum), en sy Woord is genoeg vir die formasie van alle dinge. God praat skeppingstaal wat verstaanbaar is vir lig, uitspansel, waters, grond, plante, son, maan en sterre, visse, voëls, diere en mense.

Meer as 5000 keer word die Hebreeuse woord vir sê of spreek in die Ou Testament gevind.  Nie net in Genesis, maar ook in die res van die Bybel word verder getuig oor God se skepping deur sy Woord. Ps 33:6 lees: “Deur die woord van die Here is die hemele gemaak…”. Ps 148:5 wys daarop dat die  skepping gekom het deur God se bevel. In Joh 1:3 lees ons dat Jesus Christus as die Woord alles tot stand gebring het, ‘n feit wat in Openb 3:14 herhaal word.  In Heb 11:3 en 2 Petr 3:5 lees ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is. 

Die boodskap van Genesis 1 is nou hopelik duideliker. Dit gaan in die eerste plek oor God se plek as Skepper en ons plek as skepsels.  As God spreek, moet daar geluister word. Selfs nadat die mens gedink het hy kan soos God wees, hou God se Woord nie op nie. God spreek tot die mens na die sondeval en soek hom in sy genade op.  Die mens word opgeroep tot geloofsgehoorsaamheid.  Christus Wie mede-skepper is, is self ook volmaak gehoorsaam en in net Hom is daar verlossing. 

God spreek. Luister jy?

Sing: Ps 33:5

Refleksie: Selfs die onmeetlike ruimte en enorme see is alles op sy plek omdat God gespreek het.  Dink na oor die enorme implikasie van ‘n God Wie spreek, Christus se volkome gehoorsaamheid en jou geloof in Hom.

1 comment:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete