Friday 29 December 2017

Mens en dier: Vrydag 29 Desember


Teks: Ps 104:21-23: “Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God. As die son opgaan, dan trek hulle terug en gaan lê in hul slaapplekke. Die mens gaan uit na sy werk en sy arbeid tot die aand toe”

Die oersonde van die mens is om sy eie god te wil wees met katastrofiese gevolge vir die res van die skepping. Om gehoorsaam te wees aan God se geopenbaarde Woord aan ons beteken egter om ‘n veel meer beskeie plek te wil ken en uit te leef.

Die mens in Psalm 104 word voorgestel as ‘n mede-skepsel met alle ander skepsels, asook iemand wie die goedheid van God se skepping versteur. Mens en dier is almal geskape, word voorsien van voedsel en drank, het ‘n plek om te woon en is totaal afhanklik van God se lewensasem.

Dit is opmerklik hoe min aandag daar is vir mense in hierdie Psalm.  Die paar keer wat mense wel genoem word (verse 14-15, 23, 35), word nie van mense se verhewenheid oor die res van die skepping vertel nie. Inteendeel! In verse 14-15 word daar gepraat van voedsel vir mens en dier. In verse 21-23 word aangetoon dat beide mens en dier onderhewig is aan die ritme van dag en nag waar leeus jag en mense gaan werk op hulle bepaalde tye. Verse 27 en 29 beklemtoon dat mens en dier saam onder God se sorg en lewe staan. Wat die mens wel uniek maak is nie sy verhewenheid nie, maar sy sonde en goddeloosheid (vers 35). 

Alle skepsels het hulle eie direkte verhouding met God. Alle skepsels het hul eie doel en plekkie onder die son, of beter, onder God se lig (vers 2). Die hele skepping getuig van sy heerlikheid. Dit sluit ook realteite in soos lewe en sterwe (vers 29), vleisetende leeus (vers 21), die skrikwekkende Leviathan (vers 26), aardbewings en vulkane (vers 32). Al hierdie geskape dinge in die natuur is goed en roep die psalmis op tot ‘n lofsang aan die Here (vers 33).

Om die mens van sy verhewe troon af te haal, beteken nie dat die mens nou gelyk is aan alle ander diere nie.  Hierdie Psalm is nie “ekosentries” nie.  Die aarde behoort ook nie aan een van die skepsels wat hier genoem word nie. Die lof van beide mens en dier asook die res van God se skepping is in hierdie Psalm gerig op God (verse 1-2, 31-35).  Dit kan met reg dus as “teosentries” beskryf word.

Die mens kan nie maar net maak en breek met God se skepping soos hy of sy wil nie.  Die hedendaagse skreiende verlies aan plante en diere in die wêreld kan ‘n Christen nie koud laat nie. Elke dier en elke plant het waarde omdat dit waardevol voor God is.  Ons staan in die eerste plek langs alle skepsels en onder die Skepper. Deur die sonde sterf diere en plante uit en dit mag ons baie nederig en verdrietig stem. 

Die psalmdigter moes ook ekologiese verlies geken het, alhoewel nie op die skaal van wat deesdae gebeur nie. Tog bly hy God se lof besing. Vandag weet ons dat daar net in Christus die herstel van die skepping is wat alreeds begin het en eendag volmaak sal wees. 

Here God, wees ons sondaars tog genadig! Deur ons menslike toedoen word soveel van u skepsels se lof voortydig beëindig.  Sterk ons in vertroue, al is die tye ook hoe donker. Maak ons asseblief gewillige deelnemers aan Christus se herstelwerk.

Sing: Ps 104:13,14,21

Refleksie: “Al wie die Heer se lof mishaag, laat hul soos stof voor wind vervaag! My siel wat uitsing tot Gods eer – sing onvermoeid, en loof die HEER!” (Ps 104:21, berymd). Die sonde in die wêreld is geen verskoning om maar net te aanvaar hoe God se skepping verwoes en uitgebuit word of om maar net fatalisties op ons hande te sit en wag tot die jongste dag kom nie. Hoe reageer jy op sondes wat God se skepping uitbuit? Is daar sulke sondes in jou eie lewe? Kan jy ook ten spyte van ‘n skepping wat sug onvermoeid God se lof bly besing?

2 comments:

  1. Dit is nie meer nuus dat DR Ryk van wealthylovespell@gmail.com 'n man is wat deur God gestuur is om die eensame, onderdrukte, verlate en gebroke harte te help nie. Ek het onlangs kommentaar gesien hoe hierdie man help om verlore liefde in 'n baie kort tydjie te herstel en ek is lankal depressief, want ek het my man na 'n ander verloor. Ek het kontak gemaak met hom en ek het gesê ek sal resultate in 2 dae kry, maar ek het dit eintlik nie glo nie, soos ek dit van ander gehoor het wat ek gekontak het en tog niks anders as tot my grootste verrassing nie, het alles gebeur soos belowe en ek kon Moenie hierdie vreugde hou nie, maar het daartoe gelei dat hierdie blog gepraat het oor die goedheid wat deur dr. wealthy aan my gewys is. As jy verlore of verward is, bekommer jou nie meer nie en kontak Dr Ryk op wealthylovespell@gmail.com of jy Whatsapp hom. + 2348105150446 Hy is God gestuur.?

    ReplyDelete
  2. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete