Thursday 28 December 2017

Verbond met mens en dier: Donderdag 28 Desember


Gen 9:8-11: “…Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag na julle, en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle – al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde.”

Lees Gen 9:1-17 aandagtig. Hierdie stuk gaan nie net oor ‘n verbond met Noag, soos verkeerdelik in baie Bybel-hofies aangegee word nie, maar ‘n verbond met Noag en alle lewende wesens en die aarde.  Tot 6 keer lees jy dit in verse 8-17. ‘n Kragtige motivering om ernstig te wees met God se aarde en alle diere wat daarop is!

In Gen 9:1-11 word God se skeppingsverbond van Gen 1 met die mens en met die hele aarde op God se inisiatief herhaal, maar met ‘n paar belangrike aanpassings.  Die skeppingsverbond is deur Adam oortree (Hos 6:7), maar dit beteken nie dat God nou ook sy verbond met die aarde beëindig nie. God bly seën (Gen 9:1), soos Hy by die skepping ook geseën het (Gen 1:22,28; 2:3).  Die skeppingsopdrag om vrugbaar te wees en te vermeerder (Gen 1:28) word ook weer herhaal aan mens (Gen 9:1,7) en dier (Gen 8:17). 

Daar is egter belangrike verskille.  Waar in Gen 2:15 nog gepraat word oor die mens se rol in die bewerking en bewaring van die aarde, en waar daar nog gepraat word oor goeie verhoudings en vriendskap tussen mens en dier (Gen 2:19; 6:20), word hier gepraat van spanning tussen mens en dier (Gen 9:2).  Daar is skrik en vrees, sterk woorde wat laat dink aan oorlog, asook ‘n verwysing na die enorme mag van mense oor diere (Gen 9:2).  Sekere diere word nou ook ingesluit as voedsel vir die mens (Gen 9:3).

Gen 9 moet egter nie gelees word as die norm van hoe dinge nou behoort te gaan nie. Inteendeel, Gen 9 is eerder ‘n realistiese beskrywing van hoe die geweldadige verhoudings wat daar was tussen mense onderling en tussen mens en dier na die sondeval, ingeperk word.  God herhaal sy verbond met mens en dier en laat nie toe dat mense en diere sommer willens en wetens  mekaar dood maak nie.  Bloed, as teken van God se lewensasem, behoort aan die Here en moet daarom ook met groot respek bejeën word.

Hoe leef ons binne hierdie verbond? Beslis nie asof alle lewe aan ons behoort nie. Ons mag nou al weet dat Jesus Christus die skepping van alle boosheid verlos het en eendag hemel en aarde in volle harmonie sal bring. In Christus mag ons bly streef selfs verby die idealisme van Gen 1 in die vaste wete dat die hemel en aarde eendag in volle glorie herskep sal word.  

Die profete het al heengewys na so ‘n “ekotopia”. Daar kom ‘n “verbond van vrede” (Eseg 34:25) waar wilde diere nie meer mense sal opeet nie (Eseg 34:28).  Mens en dier word versoen onder die regering van Jesus Christus (Jes 11:6-9).  

As ons weet dat daar so ‘n toekoms vir die mens en dier wag, hoekom nie nou al in ons lewens iets daarvan begin wys nie?  Begin vandag deur nie weg te stap van al die veragtelike marteling en geweld wat mense aan diere toedoen nie.

Sing: Ps 104.

Refleksie: Om barmhartigheid te bewys is in die gees van God se ewige verbond met die aarde. Hoe kan jy self ook meer barmhartig met die aarde en met diere lewe?



2 comments:

  1. Dit is nie meer nuus dat DR Ryk van wealthylovespell@gmail.com 'n man is wat deur God gestuur is om die eensame, onderdrukte, verlate en gebroke harte te help nie. Ek het onlangs kommentaar gesien hoe hierdie man help om verlore liefde in 'n baie kort tydjie te herstel en ek is lankal depressief, want ek het my man na 'n ander verloor. Ek het kontak gemaak met hom en ek het gesê ek sal resultate in 2 dae kry, maar ek het dit eintlik nie glo nie, soos ek dit van ander gehoor het wat ek gekontak het en tog niks anders as tot my grootste verrassing nie, het alles gebeur soos belowe en ek kon Moenie hierdie vreugde hou nie, maar het daartoe gelei dat hierdie blog gepraat het oor die goedheid wat deur dr. wealthy aan my gewys is. As jy verlore of verward is, bekommer jou nie meer nie en kontak Dr Ryk op wealthylovespell@gmail.com of jy Whatsapp hom. + 2348105150446 Hy is God gestuur.?

    ReplyDelete
  2. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete