Friday 8 December 2017

Dis nie maklik nie ...


 “My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.  Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.  Die son sal jou nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.  Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.”
Ps 121: 1, 5-7

Ons het dit nou net gelees...

Maar dis nog steeds nie maklik nie…

Daar stap hy nou.  Alleen...

Duisend kilometers se sand en rotse en eensaamheid wat voorlê.

Na amper `n hele jaar se voor bereiding en beplanning, het ons nou eindelik by hierdie punt gekom.  Die roete is deeglik beplan.  Ons het toestemming gekry waar ons kon.  Ons het die roete `n paar keer gery.  Fotos geneem van moeilike areas, gevaarlike areas ... probleemareas.  Wonderwerke het gebeur en hekke, huise en harte is vir ons oopgemaak.  Die borge se geld het stuk-stuk ingerol.  Die regte toerusting kon aangekoop word.  Dieëtkundiges het ons gehelp met Jacobus se kos.  Mediese dokters, aptekers en reps het gehelp met pille en verbande vir seer spiere en blase.  Ons het raad gevra waar ons kon...
Maar... Het ons ons geestelik goed genoeg voorberei?


Afgelope Sondag het ons gemeente in Bellville nog vir hom gebid...

Ons het nou net saam op die strand by die Oranjeriviermond eers saam Bybel gelees.  Saam op die nat sand gekniel, terwyl die koue seebries in ons gesigte waai.  Mekaar se hande vasgehou terwyl ons dit doen.

Hoekom staan ons dan nou met trane in ons oë terwyl ons hom agterna kyk?


Trots?  Bekommernis? Twyfel?

Baie vrae.

Gaan hy dit maak?  Is die dertig kilometer per dag nie te veel nie?  Gaan sy lyf dit hou – die swaar rugsak met 10L water, die baie kilometers deur dik sand?  Deur watter diep dale sal hy geestelik moet gaan om klaar te maak?  Die eensaamheid...

Hoe gaan die mense langs die pad vir hom behandel?  Gaan hy verjaag of selfs aangeval word?  Gaan die tracker wat ons by Tracks4Africa gekry het werk?  En die satelietfone?  Het ons genoeg units opgelaai, sodat hy met ons kan praat en ons met hom as dinge te erg raak.

Gaan hy veilig wees teen bruin hiënas, slange, skerpioene en ander ongediertes?
My hart brand in my keel as ek hieraan dink...


Ons ken Jacobus.  Dit is sy droom...  Hy wil iets sinvols doen met sy lewe.  Iets beteken.  Diensbaar wees. 

Ons hoop so dat hierdie opoffering, wat hy met soveel jeugdige entoesiame aangepak het, baie mense se harte sal verander.  Mag dit ander kinders van God inspireer om versigtig met God se skepping om te gaan.  Dit te bewoon, te bewerk en te bewaak...  Mag ons deur ons houding God eer as die Skepper en Onderhouder van alles. 


Ons het op die sand gaan sit en gekyk en gekyk tot hy klein geword het en uiteindelik in die deinserigheid verdwyn.  Sy spore in die begin duidelik sig baar – regtervoet-linkervoet-regtervoet-linkervoet.  Soos hy verder gestap het, het die spore nader aanmekaar gelê tot dit uiteindelik links en regs gestreep het na die horison.



Ek en Henriette en Salomien het mekaar styf vasgehou en weer gebid...

Ons weet waar ons hulp vandaan kom.  Ons het volle vertroue ... in ons Vader.
 “Wees nou maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!  Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.”
Ps. 62: 6,7


Grote en troue God en Vader,
U wat die hemel en aarde volmaak geskep het deur u Seun,
En wat u Seun aangestel het om hierdie wêreld ook tot sy volmaakte eindbestemming te bring, 
Ons eer U vir die groot wonders en verrassings wat U in hierdie wêreld gelê het. 
Ons erken dat ons nog maar net ‘n baie klein begin gemaak het om hierdie wonders te ontdek en die diepte van u heerlikheid te peil. Ons weet ons is soos kinders wat in die poeletjies speel terwyl die hele oseaan van u grootheid en heerlikheid nog voor ons lê. 
Maar ondanks ons eie kleinheid het U ons tog geroep om daardie grootheid en dieptes te soek en te peil. U het ons selfs aangestel as onderkonings, om as U verteenwoordiger hierdie skepping te regeer en te bring tot sy groot doel: die verheerliking van U Naam. En U lei ons self deur u Woord en Gees om hiervoor ons lewe te gee.  
Daarom dank ons U vir die pragtige inisiatief en geleentheid wat U hier vir Jacobus gee met hierdie staptog. Wil U hom dag vir dag lei, tot ‘n dieper besef van die onvoorstelbare wysheid waarmee U hierdie wêreld gemaak het. Wil u nie net sy voetspore lei nie, maar ook sy hart, dat die verwondering oor mag gaan in ‘n lied. Dat hy sy stem by die groot koor van die skepping sal voeg, om u te eer. 
Ook vir die groot uitdaging en gevare van so ‘n staptog kom ons na U, omdat ons ook hierin u grootheid en trou ken. Wees asseblief met ons seun, ons neef, en gee hom krag en moed op hierdie groot avontuur. Ons weet Here dat hy nooit alleen sal wees op sy pad nie. Ons rus in U sorg en u regterhand wat nooit te kort is om te red nie. 
Ons bid U ook vir die uitkoms van hierdie staptog, dat in dit alles mense weer hulle plek sal leer ken voor u aangesig en hulle taak in u wêreld. Ons groot begeerte en smeking is: Verheerlik tog U Naam deur hierdie kind van u. 
Heerlike God en Vader, hoor ons dank en gebed in die Naam van onse Here Jesus Christus. 
Amen

(Gebed wat Jacobus se oom Jopie gisteraand vir hom gestuur het.)

7 comments:

  1. Beste vriende. Ons sit hier op di strand in Port Nolloth
    Ons lees di blok en kry trane. Ons bid en ons vertrou hy is in die sorg van die Here. Baie sterkte julle. Sien DV more. Xx

    ReplyDelete
  2. sjoe, nou is ek ook in trane soos ek hier sit en lees. Weet dat ons moet julle is in Gees. Dink aan Jacobus maar ook aan die support team. Henriette hoop jy het genoeg koffie ingepak. Groete. Onthou God is met hom. Hy is nie alleen nie. Mooi loop en kyk net op!

    ReplyDelete
  3. Baie dankie aan almal vir julle ondersteuning, gebed en boodskappe. Ons waardeer dit geweldig baie. Hou asb aan daarmee.
    Erik ns Jacobus

    Erik ns Jacobus

    ReplyDelete
  4. Sjoe,ek kan dink dat dit vir julle as ouers swaar is hom te laat gaan! Mag die Here hom en julle in sy Hand hou en bewaar. Hoop dit is alles waarvoor julle gehoop en gebid het en dat dit vir Jacobus 'n ongelooflike ervaring sal wees!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ja, dis presies wat ek ook wil sê! Mag alles goed gaan en mag Hy en soveel ander onder die indruk kom van onse almagtige God en Vader, die Skepper van die heelal. Ons dra Jakobus op aan die Here!

      Delete
  5. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete
  6. OLÁ A TODOS
    Dr. afrid realmente é tão maravilhoso para mim que sempre testemunharei sua grandeza na minha vida, que poderia acreditar que o dr Afrid ervas medicinais me curou do meu vírus do herpes que eu estava tendo nos últimos 4 anos, me deparei com drafridherbalhome11 @ gmail. com em uma página de como tratar o vírus do herpes e vi muitos testemunhos de como o Dr. Afrid os ajudou em vários problemas e situações, e seus números de celular também estavam em cada testemunho +2349056393547
    para contatá-lo, porque eu precisava de ajuda para me livrar do meu vírus do herpes, escrevi para ele no app e contei o que estava passando! Caros amigos, todos os dr. lembre-se saúde é riqueza, ele me enviou um remédio herbal para a cura do meu vírus do herpes, fiquei muito feliz porque, depois de beber as ervas conforme as instruções dele, fui ao hospital para fazer um check-up para minha surpresa, meu resultado para o herpes saiu negativo Eu recomendo drafridherbalhome11@gmail.com para quem precisar de sua ajuda, você também pode
    ... Obrigado Dr ...

    ReplyDelete