Sunday 17 December 2017

Kop-af op Hondeklipbaai

16 Des 2017


In 2008 het `n man met die naam van Anton geskryf:  “Hondeklipbaai – Only your dog wants to go there”.  Nie baie vleiend nie.  Hy is ook nie die eerste een nie…  

In die middel 1850`s het die bestuurder van die Namqua Copper Mining Company, John Blades Curry dit die “most dismal place I have ever seen” genoem.  Dit was in die jare toe hier net `n klompie swart hout geboutjies gestaan het in die uitgestrekte wit sandvlakte.  Die jare toe die ossewaens koper van Springbok en Okiep se wêreld gebring het – 104km ver.
Maar dit was daardie tyd. Vandag lyk dit nog erger.  Mnr. Curry sal sy oë nie glo nie... `n Lang reguit grondpad. `n Klein vissersdorpie.  En rye mynhope en gate.  Asof `n familie reuse meerkatte hier besig was.



Maar die wêreld se mense is lief vir hulle dorpie.  Hulle is hier gebore, het hier skool gegaan, getrou en kinders gekry.  Voorouers lê hier begrawe.  Vra maar vir Lizzie by Die Anker Gastehuis in Koiingnaas.  Toe ek haar vertel ons is oppad Hondeklipbaai toe, glimlag sy trots.  “Dis waar ek vandaan kom.”



Die mense in Hondeklipbaai kry swaar.  Daar is nie werk nie.  Die koperdae is lankal verby.  En die kreeffabriek het omtrent al vyftien jaar gelede toegemaak.  Toe kreef so skaars geraak het, het die werk opgeraak.  Nou sit die meeste mense op straat.



Ons kry vir Roscoe en Yster langs die pad.  Hulle hou `n pikswart kreef op.  R100.00.  Hulle probeer soos al die ander enigiets doen om aan die lewe te bly.  Yster het twee klein kindertjies om te versorg.  Hulle het vir die afgelope tyd pad gebou.  Vir R1000 `n week.  Maar as die snoek loop los hulle alles.  Met `n goeie dag se vang kan hulle omtrent R2000 per dag verdien.  Tot selfs R17 000 per week.  Daardie geld moet hulle spaar vir die maer maande.  Kreefseisoen haal hulle kreef uit.  Net vier per dag.  Hulle belowe.  Wil sommer vir my hulle permit ook wys.  



Ander mense werk weer vir EPWP of Coastal Care.  Vir net R120 per dag... 
“Beggars can`t be choosers...”



Ek kom koop water by die “Dop en Kreef restaurant” vir ons verblyf in Varswater.  Vroeër was daar êrens `n fontein waar die boere hulle vee laat suip het, maar waar dit presies is weet ons nie.  By ons kampplek in die Namakwa Nasionale Park is niks.  Net `n put toilet. Jy moet selfonderhoudend wees as jy daar wil bly.  Dis eintlik ironies dat ek juis in hierdie dorp kom water haal.  Dit was een van Mnr. Curry se ander frustrasies – die feit dat hier geen varswater is nie.  Water moes van die Kaap af ingery word.  Volgens “Life and Travels in the Northwest (1850-1899)” deur Arne Schaefer, was 60L Cape Brandy, die kleinste hoeveelheid drank wat jy kon aanskaf.  Die locals en wadrywers het soms geld bymekaar gesit en dit binne `n paar dae op die strand uitgedrink.

Dit is seker al vermaak wat die mense in daardie tyd gehad het.  Dit het oor die jare nie baie verbeter nie.  `n Paar restaurante, gastehuise, soos die “Hondehok” en `n speelskooltjie wat deur West Coast Resources opgerig is.  In die baai lê `n skeepswrak, met `n groot gat in die romp.  Die nek gebreek.  Soos die snoek wat hier gevang word. `n Entjie verder, om die draai lê die Aristea.  Hierdie kus is niemand se speelplek nie.



Die klip waaraan Hondeklipbaai sy naam te danke het, lê nog voor die polisiestasie.  Maar dit lyk nie meer soos `n boerboel nie.  Lankal nie meer nie.  Iemand het een van die ore gesteel.

Weerlig het sy kop afgeslaan... 


2 comments:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete
  2. Hello everyone.  I want to share my amazing experience with the great spell caster Dr Mark my husband was cheating on me and when I found out we had a fight which lead him filling for a divorce I cried and fell sick when I was searching about love quotes online I saw people talking about Dr Mark and his great work whose case was similar to mine they left his contact info I contacted Dr Mark and he told me not to worry that after 24 hours he will cancel the divorce and my husband will be back to me after I did everything he asked me to do to my greatest surprise the next day evening it was my husband he knelt down begging me to accept him back, thank you once again Dr Mark you are indeed a blessing to me he can also help you. contact Dr Mark through his email address on: blessedlovetemple@gmail.com

    ReplyDelete