Tuesday 26 December 2017

Eersgeborene: Kersdag ~ Maandag 25 Desember


Kol 1:15: “Hy is…die Eersgeborene van die hele skepping”
Kol 1:18: “…Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees”

As ons die woord eersgeborene lees, moet ons nie onmiddelik biologies wil dink nie. Dit sou sommer gou, en het al te dikwels in die verlede die gedagte laat posvat dat Christus dalk ‘n goeie mens en selfs dalk ‘n god was, maar tog uiteindelik uit die Vader gebore en dus ook geskep is. Christus sou dus ‘n skepsel wees. Dit is ‘n groot dwaalleer wat vandag nog in allerlei vorme terugkeer as ons te min oor die voortreflikheid van Christus dink en as ons allerhande ander maniere bedink buite Christus om oor hoe om by God uit te kom. 

Die woord eersgeborene in Bybelse konteks wys op die erfgenaam se regte.  Dit beteken nie om die eerste skepsel te wees nie, maar om ‘n unieke posisie as erfgenaam te beklee.  Lees nou ook Rom 8:29 en Heb 1:6. In hierdie tekste word Jesus Christus ook die eersgeborene genoem wat sy rangorde bo die skepping aandui - Christus is nie deel van die skepping nie, inteendeel Hy is die begin van die skepping en diegene deur wie God alles geskep het (Heb 1:2, Op 3:14) Christus het gesag oor die hele nuwe mensheid en is erfgenaam van die nuwe skepping.  Jesus Christus is Yahweh se nuwe Adam en nuwe Israel.  Christus vervang Israel se benoeming as eersgebore seun van God (sien Ex 4:22).  Nou in Christus is daar ‘n gemeente van “…eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is” (Heb 12:23). 

Christus is ook eersgeborene uit die dode, Wie gevolg sal word deur die wat aan Hom behoort (I Kor 15:23; 1 Thes 4:16). Al sien mens nog soveel dood in die skepping, daar sal opstanding wees tot ‘n nuwe lewe op die nuwe hemel en nuwe aarde.  Al op hierdie aarde mag jy al iets beleef van hierdie vernuwing. 

Die Skepper-Koning Wie ons in Ps 24 ontmoet het, is ook die Beeld van God en erfgenaam van die nuwe herskape mensheid en die herskepping.  Om aan Christus, die Skepper-Koning, Beeld van God en Eersgeborene te behoort, bring dood en vernuwing voort. In jou en my lewe, maar net so goed ook in die hele skepping. 

Sing: SB 63:1-6.

Refleksie:  Al op hierdie aarde mag ons iets beleef van God se herskepping. Lees Kol 3:1-17 asook Rom 6:3-11 en reflekteer oor die vraag hoe ‘n vernuwde lewe in Christus lyk. Hoe sal so lewe spesifiek lyk met betrekking tot die bou en bewaar van God se wonderlike skepping?

3 comments:

  1. Dit is nie meer nuus dat DR Ryk van wealthylovespell@gmail.com 'n man is wat deur God gestuur is om die eensame, onderdrukte, verlate en gebroke harte te help nie. Ek het onlangs kommentaar gesien hoe hierdie man help om verlore liefde in 'n baie kort tydjie te herstel en ek is lankal depressief, want ek het my man na 'n ander verloor. Ek het kontak gemaak met hom en ek het gesê ek sal resultate in 2 dae kry, maar ek het dit eintlik nie glo nie, soos ek dit van ander gehoor het wat ek gekontak het en tog niks anders as tot my grootste verrassing nie, het alles gebeur soos belowe en ek kon Moenie hierdie vreugde hou nie, maar het daartoe gelei dat hierdie blog gepraat het oor die goedheid wat deur dr. wealthy aan my gewys is. As jy verlore of verward is, bekommer jou nie meer nie en kontak Dr Ryk op wealthylovespell@gmail.com of jy Whatsapp hom. + 2348105150446 Hy is God gestuur.?

    ReplyDelete
  2. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete
  3. Hello everyone.  I want to share my amazing experience with the great spell caster Dr Mark my husband was cheating on me and when I found out we had a fight which lead him filling for a divorce I cried and fell sick when I was searching about love quotes online I saw people talking about Dr Mark and his great work whose case was similar to mine they left his contact info I contacted Dr Mark and he told me not to worry that after 24 hours he will cancel the divorce and my husband will be back to me after I did everything he asked me to do to my greatest surprise the next day evening it was my husband he knelt down begging me to accept him back, thank you once again Dr Mark you are indeed a blessing to me he can also help you. contact Dr Mark through his email address on: blessedlovetemple@gmail.com

    ReplyDelete