Friday 8 December 2017

Beeld van God: 8 Desember


Kol 1:15a: “Hy is die Beeld van die onsienlike God…”
Kol 1:19: “…want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon”

As daar oor die beeld van God gepraat word dink ons al gou terug na die skeppingsverhaal waar die mens - man en vrou - as beeld van God aangedui word (Gen 1:26, 27).  Die groot denkfout wat mens dan so maklik kan maak is om te dink dat die beeld van God iets is wat eie aan ons menslike natuur is en vandaaruit sekere regte en voorregte aan onsself opeis.  

Hierdie skrifgedeelte vertel ‘n ander verhaal: Jesus Christus is die Beeld van God (vers 15a, sien ook 2 Kor 4:4 en Heb 1:3).  Christus is die een Wie werklik God se karakter reflekteer.  God se volheid is in Hom (vers 19) en is net werklik bekend gemaak deur yy selfopenbaring in sy Seun (Joh 1:18). Net wanneer ons lewens “in Christus” is, wanneer ons onsself met die nuwe mens beklee het, word ons vernuwe na die beeld van ons Skepper (3:10). Enige ander mistiek wat nie deur Christus se openbaring God soek nie moet afgewys word. 

Die onsigbare God kan ons nog nie sien in ons huidige lewens nie. Dit beteken egter nie dat God se geheimenisse so groot is dat ons nie tot Hom kan nader sonder spesiale wyshede, insigte en ‘n asketiese lewe soos wat in die gemeente van Kolosse begin gebeur het nie. Nee! Vir diegene wie aan Christus behoort is God nie meer verborge nie (2:2). Ons mag Jesus sien en Hy is verhewe bo alles (1:18).

Die benoeming van die mens as beeld van God sonder om die verbintenis met Christus te wil aanvaar, doen onnoemlike skade aan God se goeie en pragtige skepping.  Aan die mens word dan sekere goddelike eienskappe toegedig wat weer gebruik word as argument om oor die skepping te heers en dit te onderwerp in ‘n baie bepaalde menslike manier.  Sonder Christus word hierdie heersing en onderwerping niks anders as uitbuiting en verwoesting nie.  Die pad na skeppingsorg loop deur Christus. Hy is die Beeld van God en vir ons om werklik beeld van God te wees soos die Skepper se intensie is, is om Jesus Christus te aanvaar as enigste pad na God toe. 

Sing: Ps 8.

Refleksie: Hoe het jy gedink oor die beeld van God? Kan jy sien hoekom ‘n interpretasie van die mens as beeld van God soveel skade kan berokken aan die goeie skepping? Hoe wil jy leef om werklik Beeld van God te wees?

2 comments:

  1. Hello Everybody,
    My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of $250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of $250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius, Email urgentloan22@gmail.com call/whats-App Contact Number +918929509036 via email:Thank you.

    ReplyDelete
  2. OLÁ A TODOS
    Dr. afrid realmente é tão maravilhoso para mim que sempre testemunharei sua grandeza na minha vida, que poderia acreditar que o dr Afrid ervas medicinais me curou do meu vírus do herpes que eu estava tendo nos últimos 4 anos, me deparei com drafridherbalhome11 @ gmail. com em uma página de como tratar o vírus do herpes e vi muitos testemunhos de como o Dr. Afrid os ajudou em vários problemas e situações, e seus números de celular também estavam em cada testemunho +2349056393547
    para contatá-lo, porque eu precisava de ajuda para me livrar do meu vírus do herpes, escrevi para ele no app e contei o que estava passando! Caros amigos, todos os dr. lembre-se saúde é riqueza, ele me enviou um remédio herbal para a cura do meu vírus do herpes, fiquei muito feliz porque, depois de beber as ervas conforme as instruções dele, fui ao hospital para fazer um check-up para minha surpresa, meu resultado para o herpes saiu negativo Eu recomendo drafridherbalhome11@gmail.com para quem precisar de sua ajuda, você também pode
    ... Obrigado Dr ...

    ReplyDelete